Soorte resepte:

[Resep] Koekstruif

koekstruif

Foto: Skottel en Spens

Koekstruif is altyd ʼn goeie keuse, veral as jy ʼn groot gesin het.

Genoeg vir 8 mense

Bestanddele:

Vla

  • 2 k melk
  • 2 e vlapoeier
  • 2 e suiker
  • 1 t vanieljegeursel

Koekstruif

  • 1 rolkoek, in stukkies gesny
  • 3 e brandewyn of sjerrie
  • 1 blik perskehelftes, gedreineer
  • 5 heel, ingemaakte groenvye, in stukkies gesny
  • 150 g maraschino-kersies, in kleiner stukkies gesny
  • 100 g aarbeie, hoofsaaklik vir versiering bo-op
  • 150 g brame, moerbeie of druiwekorrels
  • 50 g pekanneute
  • 1 pakkie (80 g) rooi jellie, aangemaak en gestol
  • 1 pakkie (80 g) suurlemoenjellie, aangemaak en gestol
  • 250 ml room

Metode:

Vla

  1. Meng die vlapoeier en suiker met die melk en roer goed. Kook oor lae hitte tot gaar.
  2. Voeg die geursel by en laat dit goed koud word.

Koekstruif

  1. Pak ‘n laag koek in ‘n groterige glasbak.
  2. Besprinkel dit met ‘n bietjie van die brandewyn of sjerrie.
  3. Skep ‘n lagie van die perskes oor die koek. Rangskik dan die vye, kersies, aarbeie, brame, moerbeie of druiwe en neute bo-op die perskes.
  4. Bedek dit met ‘n lagie van die vla, gevolg deur ‘n lagie fyngesnyde jellie. Herhaal die lae koek tot by die jellie.
  5. Klits die room styf en smeer dit oor die laaste jellielaag.
  6. Versier die koekstruif met aarbeie, stukkies groenvye, kersies en neute.

Bron: Skottel en Spens
Uitgewer: Duto Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Deon Bruyns ·

Ai, man, daardie “3 e brandewyn” is seker 3 emmers, of hoe?
Eish!

My ma het ook so ‘n gereg gemaak (darem
met net drie eetlepels brandewyn), maar sy het dit “trifle” genoem. Dis hoog-Afrikaans soos “ice cream” en “spietkop”!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.