Bevredig jou soettand met dié lekker blokkies!
Lewer ongeveer 36 blokkies
Bestanddele
- 300 g Clover Farmstyle-botter
- 385 g (1 blik) Clover-kondensmelk
- 150 g (¾ pakkie) Mariebeskuitjies, fyn gedruk
- 200 g (1 pakkie) Eet-Sum-More-koekies, grof gekap
- 100 g (1 pakkie) makadamia-neute, grof gekap
- 187 ml (¾ k) versiersuiker
- 250 ml (1 k) fyn klapper
- 24 rooi glanskersies, gehalveer
- ekstra Clover Farmstyle-botter om mee te smeer
SJOKOLADELAAG
- 300 g (3 x 100 g plakke) witsjokolade, gesmelt
- 30 ml (2 e) Clover vars room
Metode
- Smelt die botter in ’n groot genoeg kastrol.
- Roer die kondensmelk by en kook vir 2 minute terwyl gereeld geroer word.
- Roer die koekies, neute, versiersuiker, klapper en kersies by .
- Smeer ’n bak van 20 cm x 30 cm met botter.
- Druk die mengsel in die bak vas. Maak gelyk bo-op.
- Smelt die sjokolade en room in die mikrogolf teen 60% krag of oor ’n dubbelkoker op die stoofplaat tot glad en sonder klonte.
- Smeer bo-oor die koekies. Laat staan tot net gestol en sny dan in blokkies
Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa
En die yskasblokkies?
Hoe lekker lag ek nou by die lees van jou slim vraag! ‘n Mens moet die blokkies seker in die yskas bêre sodat die sjokolade nie in die warm weer smelt nie. Of moet ‘n mens dit dalk daar wegsteek vir die res van die gesin sodat jy dit alles self kan opeet?
Saartjie, dankie dat jy punt 8 bygesit het, en so word dit in die yskas ook heerlik koel gehou. Nou maak die naam sin …. hehehe …