Soorte resepte:

Resep: Kondensmelk-yskasblokkies

Kondensmelk-yskasblokkies (Foto: Lapa-uitgewers)

Bevredig jou soettand met dié lekker blokkies!

Lewer ongeveer 36 blokkies

Bestanddele

  • 300 g Clover Farmstyle-botter
  • 385 g (1 blik) Clover-kondensmelk
  • 150 g (¾ pakkie) Mariebeskuitjies, fyn gedruk
  • 200 g (1 pakkie) Eet-Sum-More-koekies, grof gekap
  • 100 g (1 pakkie) makadamia-neute, grof gekap
  • 187 ml (¾ k) versiersuiker
  • 250 ml (1 k) fyn klapper
  • 24 rooi glanskersies, gehalveer
  • ekstra Clover Farmstyle-botter om mee te smeer

SJOKOLADELAAG

  • 300 g (3 x 100 g plakke) witsjokolade, gesmelt
  • 30 ml (2 e) Clover vars room

Metode

  1. Smelt die botter in ’n groot genoeg kastrol.
  2. Roer die kondensmelk by en kook vir 2 minute terwyl gereeld geroer word.
  3. Roer die koekies, neute, versiersuiker, klapper en kersies by .
  4. Smeer ’n bak van 20 cm x 30 cm met botter.
  5. Druk die mengsel in die bak vas. Maak gelyk bo-op.
  6. Smelt die sjokolade en room in die mikrogolf teen 60% krag of oor ’n dubbelkoker op die stoofplaat tot glad en sonder klonte.
  7. Smeer bo-oor die koekies. Laat staan tot net gestol en sny dan in blokkies

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Saartjie ·

Hoe lekker lag ek nou by die lees van jou slim vraag! ‘n Mens moet die blokkies seker in die yskas bêre sodat die sjokolade nie in die warm weer smelt nie. Of moet ‘n mens dit dalk daar wegsteek vir die res van die gesin sodat jy dit alles self kan opeet?

Gertruida ·

Saartjie, dankie dat jy punt 8 bygesit het, en so word dit in die yskas ook heerlik koel gehou. Nou maak die naam sin …. hehehe …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.