Die lewe is nie lekker sonder nagereg nie, maar pas jou porsiegrootte aan en hou dit so gesond moontlik. Hierdie resep help!
Lewer 12 snye
Bestanddele:
- 2 houers (230 g elk) roomkaas
- 1 k Griekse jogurt
- 5 vryloop-eiers
- ½ vanieljepeul se saad
- 4 e heuning
- 250 g gemengde bessies
Metode:
- Voorverhit die oond tot 170 °C.
- Verwerk al die bestanddele behalwe die bessies goed saam tot dit glad is en giet bo-op ʼn gebakte kors.
- Bak vir 20 minute of tot die koek net gestol is.
- Los om af te koel en sit voor saam met die bessies.
Bron: Jou beste lewe – Vinnige en gesonde gesinsetes
Uitgewer: CUM
Wat sê die kosmakers en die boere – is ‘n vryloophoender dieselfde as ‘n skrophoender? En indien wel, kan ons nie liewers skrophoender gebruik nie?
Nee wat Saartjie B, ek gaan eerder n lêhoender se eiertjies gebruik of is n eier ook nou nie eers meer n eier nie….die lewe raak nou op alle gebiede so ingewikkeld een van die dae het jy n kwalifikasie nodig om n resep te verstaan.