Soorte resepte:

Resep: Lietsjie-yskastert

Lietsjie-yskastert (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike vars tert vir die somer!

Lewer 12 porsies

Bestanddele

KORS

  • 200 g (1 pakkie) Tennisbeskuitjies
  • 80 ml (½ k) Clover Farmstyle-botter

VULSEL

  • 160 g (80 g x 2 pakkies) lietsjiejellie
  • 312 ml (1¼ k) kookwater
  • 250 ml (1 k) Clover- vars room
  • 375 ml (1½ k) Clover Bliss- dubbelroom ongegeurde jogurt
  • 385 g (1 blik) Clover-kondensmelk

BOLAAG

  • 420 g (1 blik) ontpitte lietsjies
  • 30 ml (2 e) suiker
  • 20 ml (4 t) mielieblom

Metode

KORS

  1. Kap die Tennisbeskuitjies tot fyn in die voedselverwerker.
  2. Smelt die botter en roer dit by die beskuitjiekrummels. Druk dit op die bodem van ’n tertbord met ’n deursnee van 24 cm wat met botter op die bodem gesmeer is.

VULSEL

  1. Roer die kookwater by die jelliepoeier terwyl dit aanhoudend geroer word tot opgelos. Laat eenkant om af te koel.
  2. Klits die room met ’n elektriese klitser tot amper styf. Roer die jogurt by die room in en roer tot gemeng.
  3. Meng die kondensmelk by die afgekoelde jelliemengsel en roer by die jogurtmengsel tot gemeng.
  4. Giet die mengsel in die tertbord en plaas in die yskas om te stol.

BOLAAG

  1. Giet die hele inhoud van die blikkie lietsjies in ’n kastrol en roer die suiker by.
  2. Meng ’n bietjie van die vloeistof by die mielieblom en roer tot ’n gladde pasta.
  3. Verhit die lietsjiemengsel tot warm, giet die mielieblompasta by en roer tot die sous verdik het.
  4. Verwyder van hitte. Laat ’n bietjie afkoel en skep dit bo-op die tert.
  5. Plaas in die yskas tot gestol.

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.