Soorte resepte:

Resep: Maaskaastert

Ina Lessing beveel dié maklike maaskaastert aan vir enige geleentheid.

Bestanddele

  • 1 pak fyngedrukte tennisbeskuitjies
  • 2 blikke kondensmelk
  • 2 houers gewone maaskaas
  • 500 ml room
  • 125 suurlemoensap
  • 20 ml gelatien (los op in warm suurlemoensap, laat afkoel)

Metode

KORS

  1. Meng fyngedrukte tennisbeskuitjies met gesmelte botter. Druk plat in tertbord.

BESLAG

  1. Meng kondensmelk, maaskaas, suurlemoensap saam.
  2. Klop room, maar nie te styf nie.
  3. Meng al die bestanddele goed saam.
  4. Bedek kors met beslag.
  5. Plaas in yskas tot gestol.
  6. Smeer bo-op maaskaastert enige van die volgende van Ina Lessing se produkte: nastergal‑, perske‑, guavadilla‑, bloubessie‑ of appelliefiekonfyt.

Resep: Ina Lessing

Lees meer oor Ina Lessing hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.