Soorte resepte:

Resep: Maklike whiskey-fudge

Whiskey-fudge

Foto: Woestynkombuis

Lewer ongeveer 14 tot 16 stukkies fudge

Bestanddele:

  • 2 k suiker
  • 1 k room
  • ½ k melk
  • 2 e gouestroop
  • 1 e sagte botter
  • knippie sout
  • 1 t vanieljegeursel
  • 3 e whiskey

Metode:

  1. Voeg alles, behalwe die whiskey, saam in ’n swaarboomkastrol en plaas op die stoof.
  2. Roer tot die suiker opgelos is, en kook dan verder tot sagtebalstadium.
  3. Haal van die stoof af.
  4. Hou aan roer tot die mengsel ophou borrel.
  5. Gooi die whiskey by en roer deur.
  6. Gooi die mengsel uit in ’n gesmeerde pan.
  7. Laat dit afkoel en sny in blokkies.

Bron: Woestynkombuis 
Uitgewer: Fox and Raven Home

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

BoereBikerBaby ·

Klink lekker, gaan dit defnitief probeer. So bietjie soetigheid vir die feesgetei…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.