Lewer ongeveer 14 tot 16 stukkies fudge
Bestanddele:
- 2 k suiker
- 1 k room
- ½ k melk
- 2 e gouestroop
- 1 e sagte botter
- knippie sout
- 1 t vanieljegeursel
- 3 e whiskey
Metode:
- Voeg alles, behalwe die whiskey, saam in ’n swaarboomkastrol en plaas op die stoof.
- Roer tot die suiker opgelos is, en kook dan verder tot sagtebalstadium.
- Haal van die stoof af.
- Hou aan roer tot die mengsel ophou borrel.
- Gooi die whiskey by en roer deur.
- Gooi die mengsel uit in ’n gesmeerde pan.
- Laat dit afkoel en sny in blokkies.
Bron: Woestynkombuis
Uitgewer: Fox and Raven Home
Klink lekker, gaan dit defnitief probeer. So bietjie soetigheid vir die feesgetei…