Soorte resepte:

Resep: Malvalekkertert

Malvalekkertert (Foto: Lapa)

’n Heerlike en maklike tert vir enige tyd van die dag.

Lewer 6-8 snye

Bestanddele

Kors

  • 200 g (1 pak) Romany Creams, fyngemaak
  • 115 g/125 ml botter of margarien, gesmelt

Vulsel

  • 250 g (1 pak) malvalekkers, in stukkies gesny
  • 400 g neutsjokolade, in blokkies gebreek
  • 125 ml melk
  • 250 ml vars room, styfgeklits

Metode

  1. Meng die fyngemaakte koekies en gesmelte botter of margarien goed saam en druk die mengsel in ’n gesmeerde tertbord.
  2. Hou ’n paar stukkies van die malvalekkers vir garnering.
  3. Smelt die res van die bestanddele, behalwe die room, in ’n bak oor ’n kastrol kokende water. Roer aanhoudend.
  4. Laat dit effens afkoel en roer die room by. Meng liggies en skep die vulsel in die tertkors.
  5. Verkoel die tert ±1 uur en garneer met die oorblywende malvalekkers.

Bron:  Lekker en vinnig: Yskasterte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.