Soorte resepte:

Resep: Mango-yskastertjies

Mango-yskastertjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Gebruik geblikte mango vir dié yskastert as vars mango’s nie beskikbaar is nie.
Lewer 12 porsies

Bestanddele

KORS

  • 200 g (1 pakkie) Tennisbeskuitjies, fyngemaak
  • ’n knippie fyn kaneel
  • 30 ml botter
  • 30 ml heuning

VULSEL

  • 375 ml vars mangopuree
  • 250 ml Bulgaarse jogurt
  • 200 g (1 bakkie) geroomde maaskaas
  • 30 ml heuning
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 20 ml gelatienpoeier
  • 60 ml water
  • 125 ml room
  • mangoskyfies en grenadellapulp, vir garnering

Metode

KORS

  1. Meng die fyngemaakte koekies met die kaneel.
  2. Smelt die botter en roer die heuning by.
  3. Roer die botter by die koekies en druk in die bodem en teen die kante van individuele losboomtertpannetjies of een groot tertpan vas.

VULSEL

  1. Roer die puree, jogurt, maaskaas, heuning en vanielje bymekaar en meng deeglik.
  2. Spons die gelatien in water en smelt oor ’n bakkie met warm water tot opgelos.
  3. Roer die maaskaasmengsel vinnig en roer die gelatien daarby in.
  4. Klits die room tot styf en vou by die maaskaasmengsel in.
  5. Skep die maaskaasmengsel in korse en plaas in die yskas tot gestol.
  6. Sit voor saam met mangoskyfies en grenadellapulp.

Bron: Lekker & vinnig: Yskasterte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.