Soorte resepte:

Resep: Melkjellies

Melkjellies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié fyn melkjellies sal enige geleentheid feestelik maak.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 1 x 380 g-blikkie ingedampte melk
  • 2 x 80 g-pakkies kersiegeur jellie
  • 450 ml kookwater
  • 400 ml koue water
  • styfgeklitste room (opsioneel)
  • vars aarbeie of enige ander vrugte (opsioneel)

Metode

  1. Verkoel die ingedampte melk oornag in die yskas.
  2. Meng die jelliepoeier met die kookwater en roer tot die jellie opgelos het. Voeg die koue water by en meng deur. Laat die jelliemengsel heeltemal afkoel, maar nie stol nie.
  3. Klits die ingedampte melk styf met ʼn elektriese klitser en vou dit by die jellie in.
  4. Giet die jelliemengsel in 4 klein bakkies en laat dit vir 2 uur in die yskas stol.
  5. Skep styfgeklitste room oor, versier met vrugte en bedien.

Bron: Soettand deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie ·

Ek sal een pakkie jellie van ‘n ander kleur neem en die geklitste ingedampte melk verdeel en so meer kleure op my bord kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.