(Lewer 4 – 6 porsies)
Bestanddele:
40 g (75 ml) (6 e) vlapoeier
50 g (60 ml) (¼ k) suiker
500 ml (2 k) melk
2 eiers, geskei
2 ml vanieljegeursel
15 ml (3 t) botter of margarien
7 ml (1½ t) gemaalde kaneel
Metode:
1. Meng vlapoeier en suiker met ʼn bietjie van die melk tot ʼn pasta.
2. Verhit res van melk in ʼn middelslag-kastrol oor matige hitte tot kookpunt
3. Verdik met vlapoeiermengsel.
4. Klits eiergele effens en roer vinnig by vlapap.
5. Kook tot gaar.
6. Haal van stoof af en roer vanieljegeursel by.
7. Klits eierwitte tot styf en vou met ʼn metaallepel in vlamengsel in.
8. Skep lepelsvol in lae in ʼn opdienbak; stip tussen lae met botter en strooi kaneel oor.
9. Sit warm voor.
Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636