Hemels! Beslis die moeite werd.
8-10 porsies
BESTANDDELE
Meringue
- 1 t (15 ml) mielieblom
- 1 t (5 ml) vanieljegeursel
- 1 t (5 ml) asyn
- 1 e (15 ml) kakaopoeier
- 4 t (20 ml) water
- 4 eierwitte
- 1 k (210 g) strooisuiker
Vulsel
- 1 k (250 ml) Clover-room, styf geklits
- 100 g sjokoladesmeer
- 100 g gekoopte karamelsous
- 1 k (150 g) haselneute, gerooster en gekap
METODE
- Voorverhit die oond tot 150 grade Celcius en voer ’n 33 x 23 cm-bakplaat met bakpapier uit.
- Meng die mielieblom, vanieljegeursel en asyn in ’n klein bakkie. Meng die kakao en water in ’n aparte bak.
- Plaas die eierwitte in ’n deeglik skoon en droë bak en klits tot sagte punte vorm.
- Klits die suiker en van die mielieblommengsel geleidelik by en klits goed na elke byvoeging.
- Klits die meringue tot dit stywe punte vorm.
- Vou die kakoamengsel versigtig in.
- Skep die meringue op die voorbereide bakplaat en versprei eweredig.
- Bak vir 40 tot 45 minute tot bros buite, maar nog sag binne.
- Verwyder die meringue uit die oond en bedek losweg met foelie vir 15 minute.
- Keer op ’n groot vel waspapier uit en verwyder die bakpapier.
- Laat vir 15 tot 20 minute afkoel.
- Smeer die room in ’n eweredige laag oor die meringue, maar los ’n 2,5 cm-strook op die punte oop.
- Skep die sjokoladesmeer en karamelsous oor die room.
- Strooi die haselneute eweredig oor die room en rol die rollade versigtig op.
- Sny in skywe en sit voor.
Bron: Gunsteling Poedings
Uitgewer: Lapa-uitgewers
Yummy.
Ek dink julle moet net na die bestandele vir die meringue kyk. Is dit 1t mielieblom of 1e mielieblom.