Soorte resepte:

[Resep] Miljoenêrsbrosbrood

Foto: Beste gebak uit Vroukeur

Foto: Beste gebak uit Vroukeur

As jy op ʼn dieet is, hou liefs verby.

Ongeveer 24 blokkies

Bestanddele:

Brosbrood

  • 125 g (¼ blok) sagte botter
  • 75 ml (5 e) strooisuiker
  • 250 ml (1 k) koekmeel
  • knypie sout

Karamellaag

  • 60 ml (4 e) botter
  • 45 ml (3 e) gouestroop
  • 397 g (1 blik) kondensmelk
  • 125 ml (½ k) strooisuiker

Bolaag

  • 200 g (2 plakke) sjokolade, in blokkies gebreek
  • 100 g (1 plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek

Metode:

Stel oond op 160° C

Brosbrood

  1. Room botter en strooisuiker tot liggeel.
  2. Sif koekmeel en sout by en meng tot sagte deeg vorm.
  3. Druk deeg op bodem van koekpan van 20 cm x 20 cm groot, wat met bakpapier uitgevoer is, vas.
  4. Prik deeg met vurk en bak vir 20 minute. Verwyder uit oond.

Karamellaag

  1. Verhit bestanddele vir karamellaag oor matige hitte in dikboomkastrol tot suiker opgelos is. Roer af en toe.
  2. Kook verder tot mengsel dik en goudkleurig word. Dit neem ongeveer 10 minute vandat eerste borreltjies begin vorm tot karamel reg is.
  3. Skep karamelsous bo-oor broskors. Hou eenkant tot gestol. Keer koekies versigtig met behulp van bakpapier uit.

Bolaag

  1. Smelt sjokolade teen 70%-krag in mikrogolf. Roer af en toe tot dit glad is.
  2. Smeer sjokolade bo-oor karamellaag en laat eenkant tot gestol. Sny kante gelyk en sny in ewe groot blokkies.

Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Soetgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Magriet ·

Ek is meeste van die tyd op n ligte-diëet; as die ligte aangaan eet ek, so die resep val reg in my kraal. Lyk watertand lekker.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.