Soorte resepte:

Resep-video: Ná-die-braai-‘pie’

Ná-die-braai-“pie” (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

ʼn Mengsel tussen ʼn Peppermint Crisp-tert en ʼn braai-pie wat jy nog nooit vantevore teëgekom het nie.

Bestanddele

  • 2 velle skilferkorsdeeg, effens uitgerol
  • 3 eetlepels karamelkondensmelk
  • 2 mentsjokolade-blokke
  • 2 eiers, geklits
  • styfgeklopte room

Metode

Na-die-braai-“pie” (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

  1. Plaas een vel skilferkorsdeeg neer op ʼn oppervlak waar dit nie sal vassit nie.
  2. Smeer karamelkondensmelk op die deeg en rasper een sjokoladeblok daaroor.
  3. Sny die ander sjokolade in klein blokkies, en gooi dit ook oor deeg.
  4. Plaas die ander vel deeg bo-oor en vou die kante toe.
  5. Sit die hele pastei op ʼn toeknyprooster en verf dit met die geklitste eier.
  6. Braai dit by ʼn lae hitte, en draai gereeld om.
  7. Wanneer die pastei goudbruin is, verwyder van die hitte en sny in blokke.
  8. Spuit styfgeklopte room op en sit dadelik voor.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.