ʼn Mengsel tussen ʼn Peppermint Crisp-tert en ʼn braai-pie wat jy nog nooit vantevore teëgekom het nie.
Bestanddele
- 2 velle skilferkorsdeeg, effens uitgerol
- 3 eetlepels karamelkondensmelk
- 2 mentsjokolade-blokke
- 2 eiers, geklits
- styfgeklopte room
Metode
- Plaas een vel skilferkorsdeeg neer op ʼn oppervlak waar dit nie sal vassit nie.
- Smeer karamelkondensmelk op die deeg en rasper een sjokoladeblok daaroor.
- Sny die ander sjokolade in klein blokkies, en gooi dit ook oor deeg.
- Plaas die ander vel deeg bo-oor en vou die kante toe.
- Sit die hele pastei op ʼn toeknyprooster en verf dit met die geklitste eier.
- Braai dit by ʼn lae hitte, en draai gereeld om.
- Wanneer die pastei goudbruin is, verwyder van die hitte en sny in blokke.
- Spuit styfgeklopte room op en sit dadelik voor.
Resep: Janie Monsieur