Soorte resepte:

Resep: Onderstebo bessie-en-sjokoladekaaskoek (in ʼn bottel)

Foto: Itallstartedwithpaint.com

Foto: Itallstartedwithpaint.com

Hier is nog ʼn resep van Lorraine Swanepoel van Kokkedoor wat Maroela Media se piekniekmandjies saamstel by vanjaar se buitebioskoop. Lees meer hier.

Bestanddele:

  • 1 sjokolademuffin
  • 1 bottel sjokolade-en-haselneutsmeer
  • 230 g ongegeurde roomkaas, teen kamertemperatuur
  • 100 g bessies van jou keuse
  • vars ment en laventel

Metode:

  1. Vir die kaaskoek, breek die sjokolademuffin in growwe stukke en plaas bo-op ʼn gesmeerde bakplaat. Droog uit in die oond teen 180 ̊C tot bros. Hou eenkant.
  2. Verhit die sjokolade-en-haselneutsmeer liggies in die mikrogolfoond tot effe loperig.
  3. Meng die sjokolade-en-haselneutsmeer en roomkaas goed saam.
  4. Skep die roomkaasmengsel in klein glasbotteltjies. Pak ʼn laag bros muffinklonte en vars bessies bo-op. Garneer met laventel. Lekker smul!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HEVW ·

Seker lekker, maar pas nie in n land wat op die rand van resessie is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.