Soorte resepte:

Resep: Ouma Rose se doekpoeding

Ouma Rose se doekpoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

Jy kán poeding maak wat nes jou ouma sʼn proe!
Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 1 ℓ (4 k) water
  • 250 ml (1 k) bruismeel
  • 250 ml (1 k) koekmeel
  • 5 ml (1 t) fyn neutmuskaat
  • 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • 5 ml (1 t) fyn gemmer
  • 5 ml (1 t) koeksoda
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • ’n knippie sout
  • 1 x 500 g-pak vrugtekoekmengsel (fruit cake mix)
  • 2 x 100 g-pakkies neute, fyngekap
  • 125 g botter
  • 375 ml (1 ½ k) suiker
  • 4 ekstragroot eiers
  • 5 ml (1 t) amandelgeursel

Metode

  1. Verhit die water in ’n swaarboomkastrol.
  2. Sif die bruismeel, koekmeel, neutmuskaat, kaneel, gemmer, koeksoda, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Roer die vrugtekoekmengsel en neute deur die meelmengsel tot gemeng.
  3. Room die botter en suiker saam tot dik en romerig. Voeg die eiers by en klits weer goed. Roer die amandelgeursel by en klits goed.
  4. Roer die meelmengsel by die bottermengsel tot ’n deeg vorm.
  5. Maak ’n groot genoeg wit moeseliendoek oop en skep die deeg in die middel van die doek. Bring die kante van die moeseliendoek bymekaar en knoop met tou vas. Moenie die moeseliendoek te styf vasmaak nie, want die doekpoeding moet bietjie plek hê om uit te sit.
  6. Plaas die doekpoeding in kastrol met die warm water en plaas die deksel op. Laat die poeding vir 3-4 uur prut oor lae hitte.
  7. Laat doekpoeding afkoel en verwyder die moeseliendoek. Keer die doekpoeding uit op ’n geskikte opdienbord en bedien saam met glanskersies en vla.

Bron: Soettand deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Linda ·

Hierdie is n fantastiese resep. Die oumense het dit soms ook bedien met n tipe brandewyn/kaneel stropie ! Dit is die perfekte Kersfees pudding !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.