Soorte resepte:

Resep: Pannekoek gevul met sjokolade, groenvye en neute

Foto: Kokkedoor 2

Foto: Kokkedoor 2

Bestanddele:

  • 500 ml (250 g) koekmeel
  • knypie sout
  • 4 eiers
  • 500 ml melk
  • 60 ml gesmelte botter
  • 15 ml witsuiker
  • olie vir braai

Vulsel

  • 100 ml room
  • 300 g donker sjokolade, in blokkies gebreek
  • 30 ml heuning
  • 15 ml brandewyn of stroop met ‘n titsel vanieljegeursel in
  • 125 ml okkerneute of pekanneute, grofgekap
  • 8 klein groenvytjies, in agstes gesny
  • 2 ml fyn kaneel
  • 125 ml strooisuiker

Metode:

  1. Klits al die bestanddele buiten die olie saam tot glad en klontvry. Laat 2 uur in die yskas staan.
  2. Bak pannekoeke in ‘n bietjie verhitte olie. Giet net genoeg beslag ‘n soplepel in die pan om die boom te bedek. Kantel die pan om die beslag eweredig te versprei.
  3. Draai om wanneer die buiterand effe begin oplig. Bak aan die ander kant tot gaar en effe bruin. Keer uit op ‘n bord.
  4. Verhit die room tot kookpunt. Voeg die sjokolade by en roer tot gesmelt. Hou eenkant.
  5. Verhit die heuning en brandewyn in ‘n klein kastrolletjie en roer tot gesmelt. Voeg die neute en vye by en roer dit by die sjokolademengsel in. Dit vorm ‘n dik smeerbare ganache.
  6. Meng die kaneel en strooisuiker.
  7. Vou die pannekoeke in driehoeke, vul dit met sjokoladevulsel en strooi kaneelsuiker bo-oor.
  8. Bedien op borde of velle waspapier vir loop-en-eet.

Bron: Kokkedoor 2 – Versamelresepte 
Uitgewer: Human & Rousseau 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.