Dis altyd lekker om ’n ete met poeding af te sluit. Hier is ’n heerlike gebakte een!
6 porsies
Koffiesous
- 375 ml (1½ k) kookwater
- 10 ml (2 t) koffiepoeier
- 125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
- 125 ml (½ k) room
Deeg
- 250 ml (1 k) bruismeel
- knippie sout
- 125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
- 60 ml (4 e) pekanneute, gekap
- 1 ekstragroot eier
- 75 ml (5 e) olie
- 125 ml (½ k) volroommelk
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
Afronding
- 250 ml (1 k) room
- 15 ml (1 e) versiersuiker
- 2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
Metode
- Stel oond op 180 °C.
- Koffiesous: Roer kookwater, koffie en bruinsuiker saam tot suiker opgelos is. Roer room daarby.
- Giet koffiesous in oondbak van 20 cm x 20 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is.
- Deeg: Sif bruismeel en sout saam in mengbak. Roer bruinsuiker en neute daarby.
- Klits eier en voeg olie, melk en vanieljegeursel by. Roer deur.
- Giet melkmengsel by meelmengsel en roer tot deeg vorm.
- Skep deeg in koffiesous en bak vir 35 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Afronding: Klits room saam met versiersuiker en vanieljegeursel met elektriese klitser styf.
- Sit gebakte poeding saam met room voor.
Hierdie resep is oorspronklik op Vrouekeur se webwerf gepubliseer.
Besoek hulle gerus hier.
Hello daar – help asb met die resep – ek kry dit nie geprint nie, en dink dit sal nou n goeie poeding wees vir die “heupe”
baie dankie! xx
Click op die 3 strepies “icon” heel regterkantste hoek bo. Onder die exit x .