Soorte resepte:

Resep: Pekanneutpoeding met koffiesous

Foto: vrouekeur.co.za

Foto: vrouekeur.co.za

Dis altyd lekker om ’n ete met poeding af te sluit. Hier is ’n heerlike gebakte een!

6 porsies

Koffiesous

  • 375 ml (1½ k) kookwater
  • 10 ml (2 t) koffiepoeier
  • 125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
  • 125 ml (½ k) room

Deeg

  • 250 ml (1 k) bruismeel
  • knippie sout
  • 125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
  • 60 ml (4 e) pekanneute, gekap
  • 1 ekstragroot eier
  • 75 ml (5 e) olie
  • 125 ml (½ k) volroommelk
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel

Afronding

  • 250 ml (1 k) room
  • 15 ml (1 e) versiersuiker
  • 2,5 ml (½ t) vanieljegeursel

Metode

  1. Stel oond op 180 °C.
  2. Koffiesous: Roer kookwater, koffie en bruinsuiker saam tot suiker opgelos is. Roer room daarby.
  3. Giet koffiesous in oondbak van 20 cm x 20 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is.
  4. Deeg: Sif bruismeel en sout saam in mengbak. Roer bruinsuiker en neute daarby.
  5. Klits eier en voeg olie, melk en vanieljegeursel by. Roer deur.
  6. Giet melkmengsel by meelmengsel en roer tot deeg vorm.
  7. Skep deeg in koffiesous en bak vir 35 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  8. Afronding: Klits room saam met versiersuiker en vanieljegeursel met elektriese klitser styf.
  9. Sit gebakte poeding saam met room voor.

Hierdie resep is oorspronklik op Vrouekeur se webwerf gepubliseer.
Besoek hulle gerus hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

magda ·

Hello daar – help asb met die resep – ek kry dit nie geprint nie, en dink dit sal nou n goeie poeding wees vir die “heupe”
baie dankie! xx

Jeannette ·

Click op die 3 strepies “icon” heel regterkantste hoek bo. Onder die exit x .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.