Dié Peppermint Crisp-tertjies eet jy sommer met jou hande!
Lewer 12 pakkies
Bestanddele
fillodeeg
250 ml room
1 x blikkie karamelkondensmelk
2 x 150 g Peppermint Crisp-sjokoladestafies
Metode
FILLODEEG
Sny fillodeeg in blokkie van sowat 10 x 10 cm. Verf die fillovelle met water en hou dit onder ʼn klam vadoek sodat dit nie uitdroog nie.
Voer ʼn muffinpan uit met die twee lagies fillo-velletjies in elke holte, verf dit met ʼn bietjie olie en bak vir 16 minute by 160 °
Laat die doppies afkoel.
PEPPERMINT CRISP-VULSEL
Klits die room styf en vou die karamelkondensmelk daarby.
Rasper een van die sjokoladestafies fyn en vou dit ook in. Kap die ander sjokolade grof en hou dit eenkant vir versiering.
Wanneer die doppies afgekoel is, skep lepelsvol van die vulsel daarin.
Sprinkel die grofgekapte sjokolade bo-op elkeen en plaas in die yskas vir sowat 2 uur voor bediening.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Dit lyk verskriklik lekker!
Julle resep lyk absoluut watertandlekker!
Resepte lyk heerlik