Yskastert met pynappel? Jy sal nie spyt wees nie!
Bestanddele
• 440 g (1 blik) pynappelstukkies
• 2 x 80 g (2 pakkies) pynappelgeur jelliepoeier
• 380 g (1 blik) ingedampte melk,verkoel
• 2 x 200 g (2 pakkies) tennisbeskuitjies
Metode
1. Dreineer die pynappel en verhit die stroop. Voeg die jellie by en roer om dit op te los. Laat die jellie afkoel en voeg die pynappelstukkies by.
2. Klits die ingedampte melk styf en meng dit met die vrugtemengsel.
3. Rangskik ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbak van 22 cm x 35 cm. Skep ‘n laag vrugtemengsel oor. Herhaal die lae.
4. Laat die tert oornag in die yskas staan om te stol.
Bron: 50 Boerekosgeregte
Uitgewer: Lapa
Jy kan hierdie resep ook gebruik as ‘n dieet.
Nie dat dit sal werk nie maar ten minste sal dit die lekkerste dieet wees waarop jy nog was.
Nee wat, die tert gaan my meer as R60 kos!! Ek koop eerder by SPAR n tert..
Liewe aarde Suzi,jy het sekerlik aandele by SPAR,die dat jy hulle tert wil koop.
Daar is ‘n hemelse verskil tussen die twee,met SPAR se tert wat loshande verloor.
Jy weet dit dan!!!! Verseker as jy dit koop sal dit nie ‘n flop wees nie, baie makliker om dit te koop as te maak
wat is ingedampte melk?
Ideal melk
Ideal Milk
Selde resep waarmee ons groot geword het, was my Ma se spesialiteit. Altyd ‘n WENNER!!
Ingedampte melk = evaporated milk.
Dit is soms maar ‘n gesukkel om die regte produk te kry, aangesien alles merendeels in Engels op verpakkings aangedui word.
Ingedampte melk = evaporated milk
Ben. Ideal melk
As die foto n pynappeltert is , is ek n helikopter pilot……hy lyk droeër as droog.
Die foto is onder meer VAN ‘n pynappeltert. Jy is heeltemal korrek in jou vermoede dat die foto nie ‘n pynappeltert is nie.
Watter helikopter is jou gunsteling?
Dis ‘n pynappelyskastert en dis nie moontlik dat dit droog kan wees nie. Al die bestanddele is nat bestanddele en dit word nie gebak nie. Dié tert is héérlik.
Ai mense moenie kommentaar lewer voordat jul nie die tert geproe het nie. Ek gaan beslis die tert maak. n Foto flous n mens soms.