Die rooifluweel-kolwyntjie sal beslis jou Dinsdag opkikker! En dit is daarby ook nog maklik om voor te berei …
Bestanddele
Beslag
- 1 eier
- 60 ml kanolaolie
- 125 ml karringmelk
- 7,5 ml vanieljegeursel
- 7,5 ml asyn
- 125 ml gekookte, fyngerasperde beet
- 150 ml koekmeelblom
- 100 ml volkoringmeel
- 7,5 ml kakao
- 2,5 ml sout
- 2,5 ml koeksoda
- 60 ml suiker
- 60 ml SugaLite
Versiersel
- 30 ml sagte botter
- 60 ml versiersuiker
- 125 ml vetvrye geroomde maaskaas
- 5 ml vanieljegeursel
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas papierhouertjies in ʼn 8-holte-muffinpan en spuit met ʼn kleefwerende baksproei.
- Klits die eier en olie saam. Voeg die karringmelk, vanieljegeursel, asyn en beet by. Meng goed. Meng al die droë bestanddele saam en maak ʼn holte in die middel van die mengsel. Voeg die eiermengsel daarby en roer tot net gemeng.
- Verdeel die mengsel in die muffinholtes en bak 20 minute tot gaar. Laat afkoel.
- Berei die versiersel. Klop die botter en voeg die versiersuiker bietjie vir bietjie by. Roer die maaskaas met ʼn metaallepel deur die bottermengsel en voeg vanieljegeursel by. Versier elke kolwyntjie met 20 ml versiersel.
Hierdie resep is in Diabetes-vriendelike poedings en gebak gepubliseer.
Skrywers: Martie Hofmeyr en Janet Wiegand
Uitgewer: Lapa Uitgewers