Soorte resepte:

Resep: Roomkaastertjies

Roomkaastertjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 30 ml (2 e) strooisuiker
  • 1 x 250 g-bakkie roomkaas
  • 2 ekstragroot eierwitte

BESSIESOUS

  • 250 ml (1 k) frambose
  • 250 ml (1 k) bloubessies of moerbeie
  • 15 ml (1 e) lemoensap
  • 15 ml (1 e) mielieblom

Metode

  1. Roer die strooisuiker deur die roomkaas.
  2. Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser tot stywepuntstadium en vou dit by die roomkaasmengsel in.
  3. Plaas muffinpapiertjies in muffinpannetjies en verdeel die roomkaasmengsel tussen die muffinpapiertjies. Plaas die tertjies oornag in die yskas om te stol.

BESSIESOUS

  1. Meng die bessies en lemoensap in ’n kastrolletjie en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer af en toe en druk van die groter bessies ’n bietjie kleiner.
  2. Roer die mielieblom deur en laat dit liggies kook tot die sous dik genoeg is.
  3. Verwyder van die hitte en laat die sous effens afkoel. Skep oor die roomkaastertjies en bedien.

Bron: Soettand

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.