Lewer 4 porsies
Bestanddele
- 30 ml (2 e) strooisuiker
- 1 x 250 g-bakkie roomkaas
- 2 ekstragroot eierwitte
BESSIESOUS
- 250 ml (1 k) frambose
- 250 ml (1 k) bloubessies of moerbeie
- 15 ml (1 e) lemoensap
- 15 ml (1 e) mielieblom
Metode
- Roer die strooisuiker deur die roomkaas.
- Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser tot stywepuntstadium en vou dit by die roomkaasmengsel in.
- Plaas muffinpapiertjies in muffinpannetjies en verdeel die roomkaasmengsel tussen die muffinpapiertjies. Plaas die tertjies oornag in die yskas om te stol.
BESSIESOUS
- Meng die bessies en lemoensap in ’n kastrolletjie en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer af en toe en druk van die groter bessies ’n bietjie kleiner.
- Roer die mielieblom deur en laat dit liggies kook tot die sous dik genoeg is.
- Verwyder van die hitte en laat die sous effens afkoel. Skep oor die roomkaastertjies en bedien.
Bron: Soettand
Uitgewer: Lapa