Dié tert sal enigeen met ʼn soettand se mond laat water!
Lewer 6-8 porsies
Bestanddele
KORS
- 60 ml botter, gesmelt
- 200 g (1 pakkie) Romany Creams, fyngemaak
VULSEL
- 200 g (2 stafies) Bar One-sjokolade, in stukkies gesny
- 250 ml room
- 250 g roomkaas
- 60 g (2 stafies) Crunchie-sjokolade, grofgebreek
- 100 g (½ pakkie) Romany Creams, grofgekap
- kakao om bo-oor te sif
Metode
KORS
- Voeg die botter by die fyngemaakte koekies en meng goed. Druk dit op die bodem van ʼn 22 cm-losboomtertpan of 6-8 individuele losboomtertpannetjies vas.
VULSEL
- Roer die Bar One en room saam oor lae hitte tot die sjokolade gesmelt is. Laat dit afkoel.
- Klits die afgekoelde mengsel by die roomkaas en roer die Crunchies en koekies by. Skep die mengsel op die tertkors. Laat dit in die yskas stol.
- Haal dit versigtig uit die pan en sif kakao bo-oor.
VARIASIE
lndien verkies kan 250 ml room saam met 30 ml versiersuiker en 2,5 ml vanieljegeursel styfgeklits word. Skep dit bo-op die tert of sit die tert daarmee voor.
Bron: Lekker & vinnig: Yskasterte
Uitgewer: Lapa