Fudge, sjokolade en koekies; wie kan dan nou nee sê?
Bestanddele
- brosbeskuitjies
- 1 blikkie kondensmelk
- 100 g margarien
- 500 ml strooisuiker
- 10 ml vanielje
- 10 ml asyn
- sjokoladeskywe
Metode
- Pak koekies in ʼn bak om die bodem te bedek.
Fudge:
- Meng margarien, kondensmelk en suiker in ʼn mikrogolfvaste bak.
- Mikrogolf dit op hoog vir 2½ minute, of tot margarien heeltemal gesmelt is. Meng goed.
- Mikrogolf vir 10 minute op hoog. Hou die bak dop en meng gereeld sodat dit nie oorkook nie.
- Gooi vanielje en asyn by.
- Terwyl dit nog warm is, gooi die fudgemengsel bo-oor die brosbeskuitjies.
- Pak die sjokoladeskywe op die fudge.
- Laat dit afkoel.
- Voor dit heeltemal afgekoel is, sny in blokkies op die randjies van die brosbeskuitjies.
- Bêre in die yskas.
Resep: Janie Monsieur
MY soort resep, g’n niks van suikertermometers, skei hier, klop daar… Klink heerlik!