Soorte resepte:

Resep: Sjokolade-yskastert

Sjokolade-yskastert (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie ryk yskastert is baie maklik om voor te berei.
Lewer 1 tert of 6 klein tertjies

Bestanddele

KORS

  • knippie fyn kaneel
  • 125 g botter, gesmelt
  • 400 g (2 pakke) Romany Creams, fyngemaak

VULSEL

  • 500 g melksjokolade
  • 250 ml laevetroom
  • 250 g (1 bakkie) laevetmaaskaas
  • versiersuiker, vir afronding
  • bloubessies en aarbeie, vir afronding

Metode

KORS

  1. Roer die kaneel en gesmelte botter by die fyngemaakte koekies.
  2. Druk die koekiemengsel teen die bodem en kante van ’n tertbord met 24 cm-deursnee of ses middelslag-quichepannetjies met 6 cm-deursnee vas.

VULSEL

  1. Verhit die sjokolade en room oor ’n lae hitte in ’n kastrol tot die sjokolade gesmelt is.
  2. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel.
  3. Roer die maaskaas by tot die mengsel glad is.
  4. Skep die vulsel in die kors en plaas vir 3 uur in die yskas om te stol.
  5. Sif die versiersuiker bo-oor en sit saam met bloubessies en aarbeie voor.

Bron: Lekker & Vinnig: Yskasterte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.