Soorte resepte:

Resep: Sjokoladekoekiedeeg-balletjies

Foto: cakescottage.com

Foto: cakescottage.com

So ietsie soets vir die naweek doen mos nie skade nie, of hoe? Wel, nie veel nie …

Bestanddele:

  • ½ k botter, kamertemperatuur
  • ¾ k bruinsuiker
  • 1 t vanielje
  • 2 k koekmeelblom
  • 1 blikkie kondensmelk
  • ½ k sjokoladesplinters (chocolate chips)
  • ½ k neute, fyngekap (pekanneut of okkerneut)
  • 500 g baksjokolade of donkersjokolade (of meer volgens smaak)

Metode:

  1. Meng die botter en suiker in ’n kastrol by medium hitte vir ongeveer 2 minute, tot lig en donsig.
  2. Meng die meel, kondensmelk en vanielje baie goed.
  3. Voeg die sjokoladesplinters en neute by.
  4. Bedek die bak met kleefpapier en plaas in die yskas vir sowat 1 uur, of tot die deeg hanteerbaar is.
  5. Sit ’n teelepel van die mengel in jou handpalm en rol ʼn balletjie. Plaas ʼn bietjie meel op jou hande as die deeg klewerig raak.
  6. Plaas die balletjies op ʼn bakplaat wat bedek is met waspapier. Bedek die balletjies liggies en plaas in die yskas vir 15-20 minute.
  7. Smelt die donkersjokolade in ʼn bak.
  8. Doop die balletjies in die donkersjokolade en los vir 15 minute om te stol.
  9. Gebruik die oortollige sjokolade om balletjies mee te versier.
  10. Plaas in die yskas en sit koud voor.

 Besoek gerus cakescottage.com vir die oorspronklike resep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.