So ietsie soets vir die naweek doen mos nie skade nie, of hoe? Wel, nie veel nie …
Bestanddele:
- ½ k botter, kamertemperatuur
- ¾ k bruinsuiker
- 1 t vanielje
- 2 k koekmeelblom
- 1 blikkie kondensmelk
- ½ k sjokoladesplinters (chocolate chips)
- ½ k neute, fyngekap (pekanneut of okkerneut)
- 500 g baksjokolade of donkersjokolade (of meer volgens smaak)
Metode:
- Meng die botter en suiker in ’n kastrol by medium hitte vir ongeveer 2 minute, tot lig en donsig.
- Meng die meel, kondensmelk en vanielje baie goed.
- Voeg die sjokoladesplinters en neute by.
- Bedek die bak met kleefpapier en plaas in die yskas vir sowat 1 uur, of tot die deeg hanteerbaar is.
- Sit ’n teelepel van die mengel in jou handpalm en rol ʼn balletjie. Plaas ʼn bietjie meel op jou hande as die deeg klewerig raak.
- Plaas die balletjies op ʼn bakplaat wat bedek is met waspapier. Bedek die balletjies liggies en plaas in die yskas vir 15-20 minute.
- Smelt die donkersjokolade in ʼn bak.
- Doop die balletjies in die donkersjokolade en los vir 15 minute om te stol.
- Gebruik die oortollige sjokolade om balletjies mee te versier.
- Plaas in die yskas en sit koud voor.
Besoek gerus cakescottage.com vir die oorspronklike resep.
Nuus wat saak maak, dankie Maroela puik!!