Soorte resepte:

Resep: Sjokoladerisotto

Sjokoladerisotto (Foto: Lapa-uitgewers)

Iets soets om jou deur die week te kry!

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 4 k *(1 l) Clover Mmmilk- vanieljegeur volroommelk
  • 1 k (250 ml) Clover-room
  • ¼ k (60 g) Clover Mooi River-botter
  • 1 ¼ k (220 g) rou arboriorys
  • 100 g donkersjokolade, gerasper
  • ¼ k ( 55 g) strooisuiker

Metode

  1. Meng die melk en room in ’n kastrol en bring stadig tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut liggies.
  2. Verhit die botter in ’n swaarboompan tot dit begin skuim. Voeg die rys by en kook vir 2 tot 3 minute terwyl dit aanhoudend geroer word. Die korrels moet glaserig lyk en al die botter geabsorbeer het.
  3. Verlaag die hitte en voeg ’n ¼ koppie (60 ml) van die warm melk by die rys. Roer aanhoudend met ’n houtlepel tot al die vloeistof geabsorbeer is. Hou aan om die warm melk geleidelik by te voeg. Maak seker dat die melk heeltemal geabsorbeer is voordat die volgende hoeveelheid melk bygevoeg word. Die rys sal 30 tot 35 minute neem om gaar te word.
  4. Roer die sjokolade en suiker deur. Roer aanhoudend en prut die rys vir 5 minute of tot die sjokolade gesmelt is.
  5. Skep die risotto in vlak dienbakkies of ander kreatiewe houers soos halwe kokosneute. Rond die risotto met geroosterde kokoskrulle (opsioneel) af. Sit dadelik met geklitste Clover-room voor.

Bron: Gunsteling Poedings

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.