Soorte resepte:

Resep: Sjokoladetertjies met ’n neutkors

sjokoladetertjies-met-n-neutkors

Sjokoladetertjies met ‘n neutkors. Foto: Jou beste lewe/ CUM-uitgewers.

Maak 6 porsies. Die resep het lae koolhidrate en is hoog in vet, asook gluten- en graanvry.

Bestanddele vir die kors:

  • 100 g pekanneute
  • 100 ml psilliumsaadpeule
  • 2 eetlepels botter
  • 1 eetlepel xylitol

Bestanddele vir die vulsel:

  • 200 g 85% kakaosjokolade
  • 50 ml room
  • ‘n Knypie sout en rissievlokkies (opsioneel)

Metode:

Vir die kors:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verwerk die neute en saadpeule in ‘n voedselverwerker tot fyn.
  3. Voeg die botter en xylitol by.
  4. Druk styf in gesmeerde tertpannetjies in.
  5. Bak vir 10 minute tot goudbruin.
  6. Haal uit die oond en laat afkoel.

Vir die vulsel:

  1. Kap die sjokolade in fyn splinters, verhit die room en smelt die sjokolade daarin.
  2. Voeg die sout en rissie by.
  3. Laat in die yskas stol vir 5 tot 10 minute en haal uit die tertpannetjies.
  4. Garneer met ekstra rissie en growwe sout.

Bron:

Jou beste lewe: Vinnige en gesonde gesinsetes deur dr. Michael Mol en John Berry. Die resepteboek is deur CUM-uitgewers uitgegee en kan hier bestel word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elfie ·

Genade, waar kry mens die vreemdsoortig-klinkende bestanddele??

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Elfie

Jou naasste gesondheidswinkel behoort psilliumsaadpeule en xylitol in voorraad te hê en die soort winkels sal jou ook kan verwys indien hulle dit nie self verkoop nie.

Groetnis

Esté Meyer Jansen
namens Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.