Soorte resepte:

Resep: Sjokoladetruffels met kersies

Sjokoladetruffels met kersies (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie truffels is heerlik en ryk, met ʼn lekker verrassing binne-in.

Lewer ongeveer 36

Bestanddele

  • 400 g (2 x 200 g-plakke) bruin melksjokolade
  • 250 ml (1 k) Clover- vars room
  • 75 ml (5 e) Clover Farmstyle-botter, in blokkies gesny
  • 36 heel rooi glanskersies

AFRONDING

  • 300 g bruin melksjokolade
  • 60 ml (4 e) pistasieneute, fyn gekap

Metode

  1. Breek die sjokolade in stukkies. Voeg die sjokolade en room saam in ’n kastrol en smelt oor lae hitte tot glad.
  2. Haal van die stoofplaat af. Laat dit afkoel tot kamertemperatuur.
  3. Roer die botter by die sjokolade en klop met die houtlepel totdat die sjokolademengsel dik raak.
  4. Plaas die mengsel in die yskas vir 45 minute tot gestol.
  5. Skep ’n teelepel vol van die sjokolademengsel en vorm dit om die kersies. Rol in balletjies.
  6. Sit die balletjies terug in die yskas om te stol.

AFRONDING

  1. Smelt die sjokolade in ’n dubbelkoker.
  2. Gebruik ’n vurk om die truffels in gesmelte sjokolade te doop.
  3. Plaas die truffels op bakplate wat met bakpapier gevoer is.
  4. Sprinkel die neute bo-oor voordat die sjokolade stol en plaas dit in die yskas tot benodig.

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lindtjies ·

Sal dit graag wil prober, maar dalk met donkersjokolade. Dit lyk tog alte lekker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.