Soorte resepte:

Resep: Skurwejantjies

Skurwejantjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie heerlike, krakerige koekies is ook meer bekend as “crunchies”.

Lewer 46 koekies

Bestanddele

  • 200 g (500 ml) hawermout
  • 150 g (250 ml) koekmeelblom
  • 220 g (250 ml) suiker
  • 90 g (250 ml) klapper
  • 5 ml koeksoda
  • 180 g (200 ml) botter of margarien
  • 20 ml gouestroop

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 150 °
  2. Meng al die droë bestanddele saam.
  3. Smelt die botter en stroop saam. Meng dit met die droë bestanddele en druk die deeg in ’n gesmeerde oondpan van ongeveer 24 x 34 cm.
  4. Bak vir 40-45 minute. Sny dit in blokkies en laat afkoel.

Bron: 101 klein koekies deur Nettie Cilliers

Uitgewer: Lapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.