Soorte resepte:

Resep: Souskluitjies

Argieffoto (Foto: heraldsun.com.au)

Argieffoto (Foto: heraldsun.com.au)

Bestanddele:
125 gram margarien
4 eetlepels appelkooskonfyt
1 dessertlepel koeksoda
1½ koppie meelblom
sout

Metode:
1. Smelt botter en roer konfyt by tot gesmelt.
2. Voeg res van bestanddele by en gooi lepels vol in volgende sous.

Sous:
Bestanddele:

3 koppies kookwater
1 koppie suiker
1 teelepel botter
1 teelepel vanielje

WENK: Onthou dit moet ‘n groot pyrexbak met deksel wees, bak met deksel op in oond ±25 minute by 180°C. (Ek gooi partykeer bietjie asyn by indien te soet.)

Resep: Ester Coetzee
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Soetgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

markus ·

Hoe maak ek room wat in n blik is styf om n koek te versuur ek het altyd die blikke gekoop wat jy op spuit maar dit proe na niks

Thea ·

Die koeksoda in die resep is te veel, maak die souskluitjies bitter.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.