Soorte resepte:

Resep: Stamp-poeding met fyngemaakte stampmielies

Stamp-poeding met fyngemaakte stampmielies (Foto: Gerrit Steyn)

Maroela Media-leser Gerrit Steyn sê hy maak gereeld disse wat van heel stampmielies gemaak is, maar hierdie een is besonders omdat die stampmielies met ʼn stokmenger fyngemaak word.

“Die resep is ideaal wanneer daar stampmielies vanaf ʼn vorige ete oorgebly het en jy iets lekkers hiermee wil maak. Dit is heerlik en ʼn móét om te maak,” sê hy.

Bestanddele

  • 4 k fyngemaakte stampmielies
  • 1 k melk
  • 3 eiers
  • ½ t sout
  • 2 e vla, aangemaak met ʼn bietjie melk
  • ¼ t koeksoda, aangemaak met ʼn bietjie melk
  • 1 t kaneel
  • 1 t neutmuskaat
  • 1 k suiker
  • 2 e botter, gesmelt
  • 2 e appelkooskonfyt, hoogvol

Metode

  1. Voorverhit die oond by 180 °C.
  2. Roer die koppie melk by die fyngemaakte stampmielies sodat die mengsel makliker fyngemaak kan word.
  3. Meng nou die res van die bestanddele, behalwe die appelkooskonfyt, by die stampmielie-mengsel. Die tekstuur hiervan is amper soos dié van ʼn dik sop.
  4. Smeer ʼn tertbak met botter en giet die mengsel daarin uit.
  5. Bak vir ongeveer 45 minute of tot die bokant van die tert ligbruin is.
  6. Smeer appelkooskonfyt op die bokant van die tert.

Wenke

  • As daar ʼn ekstra een tot twee piesangs beskikbaar is, kan dit verpulp en by die mengsel ingeroer word.
  • Die tert kan met room of vla opgedien word.

Stuur vir ons jou familie resep hier!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.