Soorte resepte:

[Resep] Suurlemoenblokkies

Suurlemoenblokkies (Foto: Teetydlekkernye, Lekker & Vinnig, Lapa-uitgewers)

Suurlemoenblokkies klink soos die perfekte smulhappie vir ʼn blou Maandag.

Lewer 12 blokke

Bestanddele

  • 1 x 200 g-pak tennisbeskuitjies
  • 1 x 397 g-blik kondensmelk
  • 150 ml suurlemoensap
  • 125 ml klapper

Metode

  1. Pak ʼn laag beskuitjies in ʼn gesmeerde vierkantige tertbord.
  2. Klits die kondensmelk en suurlemoensap tot dik en smeer die helfte daarvan oor die beskuitjies.
  3. Herhaal die proses en strooi laastens die klapper oor.
  4. Verkoel ongeveer 1 uur en sny in blokkies. Sit koud voor.

Uit: Teetydlekkernye, Lekker & Vinnig, Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Delia ·

Wil asb net weet waarmee is die klapper gemeng om so lekker by mekaar te bly? Glo my, dit val uitmekaar en word net ‘n spul los krummels!

Nettie ·

Miskien ‘n bietjie van die (verdunde?) kondensmelk of ‘n bietjie gesmelte botter?

Siestog ·

Kan ‘n mens gekrummelde koekies bo-oor strooi ipv klapper? Ek’s nie mal oor klapper nie.

wilma ·

Delia

Ek het versiersuiker gemeng met suurlemoensap bo-op koekies gesmeer en daarna die klapper oorgestrooi.

Delia ·

Dankie wilma, sal dit definitief probeer….hou van ‘n soet-suur smaak!

marthie ·

ek maak die al jare met n twist 250m styfgeklopte room bo oor elke suurlemoen lagie en fyn gemaskte beskuitjie ipv klapper bo op njammies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.