Tuisgemaakte roomys is darem net lekkerder!
4-6 porsies
Bestanddele
- ½ k (105 g) strooisuiker
- 3 eiergele
- 1 k (250 ml) Clover Mmmilk- vanieljegeur volroommelk
- 1 ½ k (375 ml) Clover-room, styf geklits
- fyngerasperde skil van 3 lemoene
- ½ k (125 ml) Clover Krush Tropical Punch-sap
SITRUSSTROOP
- ¼ k (50 g) suiker
- 1 e (15 ml) mielieblom
- ¾ k (180 ml) Clover Tropical Punch-sap
- 2 e (30 ml) Clover Springbok Botter
- 1 e (15 ml) fyngerasperde lemoenskil
Metode
- Meng die suiker en eiergele in ʼn mengbak en klits tot dik en romerig.
- Verhit die melk stadig tot kookpunt en giet oor die eiermengsel. Roer die mengsel goed deur en giet terug in die kastrol.
- Roer aanhoudend oor lae hitte vir 3 tot 4 minute voordat dit heeltemal afgekoel word.
- Vou die room, lemoenskil en vrugtesap by die afgekoelde vla-mengsel in. Skep die mengsel in ʼn roomysmasjien en maak volgens die instruksies. Skep die mengsel andersins in ʼn vriesbak en bedek.
- Vries vir 30 minute en maak dan met ʼn vurk fyn sodat die yskristalle opbreek. Herhaal die stap nog twee keer en laat die mengsel dan ten volle vries.
SITRUSSTROOP
- Meng die suiker en mielieblom in ʼn kastrolletjie. Roer die sap deur en kook vir 3 tot 4 minute oor matige hitte tot die stroop begin verdik. Verwyder van die hitte en roer die botter en lemoenskil goed deur.
- Skep die roomys in dienbakkies, strooi fyngekapte pistasieneute oor en sit met die sitrusstroop en vars mangoskyfies voor.
Bron: Gunsteling Poedings
Uitgewer: Lapa
Net te veel bestanddele, as ou klaar is, is jou roomys lus weg ?