Kyk eers watter bestanddele benodig word voor jy dié resep vir die kinders wil maak. Grootmense mag ook mos ysies eet …
Lewer 8 porsies
Bestanddele:
- 750 ml gekapte vars pynappel
- 80 ml onversoete klappermelk
- 125 ml water
- 45 ml strooisuiker
- 80 ml wit rum
- 8 roomysstokkies
Metode:
- Meng al die bestanddele in ʼn voedselverwerker en meng tot glad.
- Filtreer die vloeistof deur ʼn fyn sif in ʼn maatbeker en gooi die soliede stukkies in die sif weg.
- Giet die vloeistof in die roomysvorms en bevries dit vir 45 minute.
- Druk die roomysstokkies in die vorms en bevries die ysies vir minstens 24 uur tot dit hard bevrore is.
Bron: Lekker en Vinnig – Vrugte
Uitgewer: Lapa