Soorte resepte:

[Resep] Tuisgemaakte heuningkoek

Foto: Lekker en Vinnig

Tuisgemaakte heuningkoek. Foto: Lekker en Vinnig

Dié resep herinner aan ons kinderdae. Wanneer laas het jy heuningkoek geëet?

Jy het ʼn suikertermometer nodig vir hierdie resep.

Bestanddele:

  • 300 ml suiker
  • 300 ml koue water
  • 15 ml gouestroop
  • 2,5 ml kremetart
  • 2,5 ml koeksoda
  • 5 ml warm water

Metode:

  1. Verhit die suiker, koue water, gouestroop en kremetart saam in ʼn swaarboomkastrol oor matige hitte. Roer totdat die suiker opgelos het.
  2. Verhit die mengsel tot kookpunt sonder om dit te roer. Laat kook dit tot ± 145 °C (sagte kraak) op ʼn suikertermometer. Dit sal ʼn goue strooikleur aanneem. Wees versigtig dat dit nie brand nie. Hou dit voortdurend dop en toets gereeld. Verwyder dit van die hitte.
  3. Meng die koeksoda en warm water en roer dit by.
  4. Giet die mengsel in ʼn bakplaat van ongeveer 12 x 22 em. Moenie smeer nie.
  5. Breek dit in stukke wanneer dit heeltemal afgekoel het.
  6.  Moenie dit langer as ʼn dag vooraf maak nie en bêre dit in ʼn lugdigte houer.

Variasies:

  1. Gebruik ʼn groter bakplaat om dunner heuningkoek te maak.
  2. Doop die dun heuningkoek in gesmelte sjokolade.

Bron: Lekker en Vinnig – Lekkers
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Veels geluk liewe maatjie, deur Marlo Carstens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Verlange ·

Ai, hoe verlang ek nou terug. Ook die REGTE dikmelk met suiker en krummelpap. Vandag bykans onmoontlik om te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.