Drie stappe, twee bestanddele en een soettand. Hierdie resep is vir almal!
Lewer twee groot porsies
Bestanddele
- 200g donkersjokolade
- 400 ml room
Metode
- Smelt sjokolade en 100 ml room saam.
- Klits die oorblywende room (300ml) tot sagtepuntstadium
- Meng die sjokolademengsel bietjie vir bietjie by die geklitste room en meng goed na elke byvoeging.
Giet die mousse in ʼn glas of bak van jou keuse en verkoel in yskas vir ongeveer 2 tot 3 uur of tot styf.