Soorte resepte:

Resep-video: Drie-in-een-balletjies

Drie-in-een-balletjies (Foto: Maroela Media/ Janie Monsieur)

Hierdie balletjies is nie net heerlik nie, maar ook doodmaklik! Betrek jou kinders en maak dié balletjies saam met hulle, of gee hulle vrye teuels om dit sélf te maak!

Bestanddele:

  • 1 pak Tennisbeskuitjies
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 koppie klapper
  • ekstra klapper
  • sjokoladekrummels
  • kakao
  • Milo

Metode:

  1. Maak Tennisbeskuitjies fyn en gooi in ʼn groot mengbak.
  2. Gooi kondensmelk by en meng.
  3. Gooi klapper by en roer tot gemeng.
  4. Rol balletjies met die mengsel in jou hande. Indien die mengsel te loperig is om ʼn balletjie te vorm, gooi nog klapper by.
  5. Rol nou die balletjie in klapper en sit in die yskas.
  6. Laat dit afkoel vir ongeveer 10 minute en geniet.

Variasie:

  1. Gooi sjokoladekrummels in die mengsel en rol dan in kakao.
  2. Gooi Milo in die mengsel en rol dan weer in Milo.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dalene de Vente ·

Dagsê Wilma

Dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

Kotie ·

As mens die video kyk gooi hulle twee koppies klapper in die koekie/kondensmelkmengsel. Die resep sê net een koppie klapper. Nou hoeveel klapper moet nou regtig in die resep wees?

Dalene de Vente ·

Dagsê Kotie!

Dankie vir jou boodskap. In die video gebruik ons twee halwe koppies (125 ml). Ek hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.