Soorte resepte:

Resep-video: Dubbelsjokolade-mikrokoekie

Dié enkelporsiekoekie is spesiaal vir almal wat ʼn sagte plekkie het vir sjokolade.

Bestanddele

  • 1 e olie
  • 2 e melk
  • 1 groot eier
  • 2 e bruinsuiker
  • 2 e meel
  • 2 e kakao
  • 1 t bakpoeier
  • 2 e Nutella

Metode

  1. Gebruik ʼn koppie of glasflessie en spuit dit met kossproei.
  2. Gooi al die nat bestanddele, behalwe die Nutella, in die koppie en meng.
  3. Gooi die droë bestanddele by en roer. Skep ʼn lepel Nutella in die beslag en roer weer, moenie oormatig roer nie. Skep nog ʼn lepel Nutella bo-op, moenie roer nie.
  4. Mikrogolf die koekie vir sowat 1 minuut, of tot die koekie uit die koppie uit rys.
  5. Eet dit dadelik met ʼn lepel uit die koppie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tollies ·

ek sal net n halwe telepel bakpoeier gebruik en nie 2 e bakpoeier soos die resep se nie

Zettie ·

Wat is die doel van die Nutella? Vervang dit dalk die suiker in die beslag? Ons eet nie Nutella nie. Kan mens dit vervang met iets anders soos bruinsuiker dalk? Baie dankie, dit lyk in elkgeval baie lekker.

wilma ·

Zettie, ek dink die Nutella gee die dubbelsjokolade-effek. Ek wonder of ‘n mens nie dalk gesmelte sjokolade in plek van Nutella kan gebruik nie aangesien daar reeds suiker in resep voorkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.