Paaseiers met ’n kaaskoekvulsel? Vertel my meer!
Bestanddele
- 12 hol paaseiers
- 230 g roomkaas
- ½ k kondensmelk
- vanieljegeursel
- jellielekkers
Metode
- Breek of sny paaseiers se bokante versigtig oop.
- Meng roomkaas, kondensmelk en vanieljegeursel en klits saam.
- Skep die roomkaasmengsel in ’n versiersak of -drukker en spuit die vulsel in die eiers in.
- Laat dit afkoel in die yskas vir 1 uur.
- Druk geel of oranje jellielekkers platter met jou vingers en skeur ronde stukke daarvan af. Sit dit bo-op die wit deel van die eiers sodat dit soos ’n gebakte eier lyk.
- Bêre in yskas.
Resep: Janie Monsieur
En daar het ek altyd gedink die haaseiers is hol om die verbruiker ‘n rat voor die oë te draai…
Klink hemels.