Twee bestanddele, maar ʼn vierster-nagereg!
Bestanddele
- 6 Crunchie-sjokolades
- 2 k donkerbaksjokolade
Metode
- Breek Crunchie-sjokolades in kleiner stukkies en druk dit stukkend met die agterkant van ’n houtlepel. Hou eenkant.
- Smelt die baksjokolade tot glad en loperig.
- Gooi die gesmelte sjokolade in ʼn uitgevoerde bakplaat of skinkbord. Versprei eweredig met ’n lepel. Sprinkel die Crunchie-sjokoladestukkies daaroor.
- Koel af vir 1 uur in die yskas, breek in stukke en bedien. (Jy kan ook die hele blok om die tafel stuur sodat die gaste self vir hulle ’n stuk kan afbreek)
Wenk
Stooi ’n bietjie seesout oor voor jy die blok in die yskas sit, dit gee ’n heerlike soet-sout smaak.
Resep: Janie Monsieur
Sprinkel ook sommer springmielies saam met die Chrunchie stukkies daaroor.
Eet net die Crunchie soos jy hom koop. Selfde ding en jy spaar al die moeite en energie!