Soorte resepte:

Resep-video: Jogi-yskastert

Jogi-yskastert (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Dié tert het slegs ʼn handjievol bestanddele en enigeen kan dit suksesvol maak!

Lewer een groot tert

Bestanddele

  • 1 ℓ jogurt (geur van jou keuse)
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 pak Tennisbeskuitjies
  • 4 e margarien of botter, gesmelt

Metode

  1. Breek Tennisbeskuitjies op tot baie fyn. Voeg die margarien of botter by en roer goed deur.
  2. Druk die beskuitjiemengsel vas aan die onderkant van ’n tertbak.
  3. Meng jogurt en kondensmelk in ʼn groot mengbak.
  4. Mikrogolf die jogurtmengsel vir 2 minute op hoog. Roer die mengsel en mikrogolf vir nog 2 minute op hoog. Meng weer.
  5. Gooi nou die jogurtmengsel oor die beskuitjies en verkoel dit oornag in die yskas.

Wenk: Indien jy nie ʼn gegeurde jogurt gebruik het in die beslag nie, kan jy nou ʼn konfyt van jou keuse bo-oor die tert smeer vir ekstra smaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Katerina ·

Dis n interressante konsep. Word die joghurt mengsel gemikrogolf om dit beter te laat stol? Ek maak soms ook n joghurt cheesecake maar vir myne gebruik ek joghurt,kondensmelk en roomkaas. Sonder om dit te mikrogolf. In elk geval hierdie resep interresseer my want roomkaas is Vreeslik duur. So as mens iets lekker daarsonder kan maak stel ek belang:-)!

Wanda ·

Ja dis laat dit stol.Maar ek gebruik jelly in myne,2 pakkies met 250ml warm water en 250ml koue water.Sonder die jelly is dit te soet.En dis onnodig vir die margarine,koekies net so werk ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.