Soorte resepte:

Resep-video: Kitskoek vir kleingoed

Kitskoek vir kleingoed (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Hierdie is ʼn mikrogolfkoek wat slegs 7 minute neem! Lewer 1 mediumgrootte koek

Bestanddele

KOEK

  • 1 k koekmeel
  • 1 e bakpoeier
  • ¼ k (60 ml) kakao
  • 1 k strooisuiker
  • 1 e olie
  • knippie sout
  • 1 k louwarm water
  • 1 e vanielje
  • 2 eiers

VERSIERSEL

  • ¾ blik ingedampte melk
  • ¼ k suiker
  • 200 g haselneut-sjokolade

Metode

Kitskoek vir kleingoed (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

KOEK

  1. Sif koekmeel, bakpoeier en kakao saam in ʼn mengbak. Roer strooisuiker en sout daarby in.
  2. In ʼn aparte bak, meng die louwarm water, vanielje, olie en eiers saam en klits tot gemeng.
  3. Meng die nat bestanddele by die droë bestanddele in en meng goed.
  4. Mikrogolf vir 7 minute op hoog. Laat die koek staan vir 2 minute voor jy dit uitdop.

VERSIERING

  1. Smelt die ingedampte melk, suiker en sjokolade saam, laat effens afkoel en gooi oor die afgekoelde koek.
  2. Ekstra haselneute kan oorgesprinkel word as jy wil.

Onthou, jy kan dié sjokoladekoek so mooi maak net soos wat jy wil – dit hoef nie noodwendig soos die prentjie te lyk nie; versier hom volgens jou smaak!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Koekie ·

Oeps! Ek sien die koek se resep het twee keer 1e olie in… dalk n fout?

Juney ·

Het al die 7 minute koek gebak maar die resep wat ek het het so paar verskille?

ccb ·

Genade mense , ons kan nie ons kindes verkeerde eetgewoontes aanleer nie. Dis uiters ongesond! Ons weet darem teen hierdie tyd hoe uiters ongesond en nadelig suiker vir jou gesondheid is. Nou word die kinders van vroeg af aangeleer dis maar oraait! Kyk net hoeveel mense en selfs kinders is uiters oorgewig en sekerlik ook in ‘n stryd met allergiee en borskwale.

Andreas ·

Met die eerste aanblik van die foto aan die voorkant van die artikel dag ek dis die klein flaminkies by die Kamfersdam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.