Soorte resepte:

Resep-video: Kleurvolle yskasblokkies

Kleurvolle yskasblokkies (Foto: Maroela Media/ Janie Monsieur)

Dié blokkies is perfek vir ʼn partytjie óf sommer net vir die naweek!

Bestanddele:

  • 250 g botter of margarien, gesmelt
  • 500 g versiersuiker
  • 50 g kakao
  • 2 eiers
  • 2 pakke Marie-beskuitjies, opgebreek
  • 1 groot pakkie Astros

Metode:

  1. Sif die versiersuiker en kakao by gesmelte botter in en meng.
  2. Voeg die eiers by en meng weer.
  3. Mikrogolf die mengsel op hoog vir 2 minute.
  4. Meng die Marie-beskuitjies en ¾ van die Astros in.
  5. Skep die mengsel in ’n bak en druk platter. Strooi die res van die Astros bo-oor, druk dit effens vas en laat dit afkoel in die yskas vir 30 minute.
  6. Sny dit in blokkies en bêre in die yskas.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Annelie Daneel ·

Word hierdie glad nie gebak nie ?
Net in die yskas sit, is die eiers dan mos rou ?

**anoniem** ·

Word nie gebak nie, maar as jy mooi lees Annelie, die mengsel word vir 2minute in die mikrogolf geplaas nadat die eiers bygevoeg word. Net bietjie lees, dan sal jy nie so “confused” wees nie.

Gaar Eiers ·

Annelie Daneel & izette; nee, die eiers is nie rou nie. Lees die resep.

**anoniem** ·

Nee Izette, lees weer, die mengsel word vir 2minute op hoog in die mikrogolf gesit nadat die eiers ingegooi is.

E.K. die eerste ·

My metode: volg resep net soos hierbo behalwe die Astros – die eet ek gedurende en na die tyd self sommer op!

Alicia ·

Ek het hierdie resep al gemaak, maar sonder die astro’s. En in plaas van versiersuiker, gebruik ek een koppie gewone suiker. maak net seker die suiker is goed opgelos.
Jy is reg Izette, die eiers is rou, maar ‘n mens kom dit nie agter nie. (my resep gaan glad nie mikrogolfoond toe nie….)

Michelle ·

Jip, ken ook die een, ons noem dit galtertjies of Marie-beskuitjie fudge. So sonder Astros en glad nie gebak. So maklik, my kind het toevallig naweek gemaak.

izette ·

Oeps…..sorry……het n dowwe dolla oomblik gehad…sien nou eers van die 2min in die mikrogolf..hahaha

Mien ·

Oorspronklike resep net sonder die Astro’s is ‘n sjokoladeblokkie resep in een van Anette Human se boeke en word op die stoof gemaak. ‘n Mens roer die geklitste eiers vinnig by die botter, kakoa en versiersuiker mengsel in. Dit kry dan so ‘n mooi “blink” kleur. Regtig baie lekker en maklik. Ek hou die blokkies liewer in die yskas as dit nie dadelik verorber word nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.