Soorte resepte:

Resep-video: Kolskoot-kersballe

Kolskoot-kersballe (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Hierdie mini-oliebolle is nes die wat jy in die winkels koop, maar lekkerder en varser!

Lewer sowat 24 balle

Bestanddele

  • 2 k koekmeel
  • 3 e suiker
  • 1 t bakpoeier
  • 1 t sout
  • 5 e koue botter
  • ¾ k melk
  • olie vir braai

Metode

  1. Meng meel suiker, bakpoeier en sout saam.
  2. Sny botter in die meelmengsel in met twee messe (sien video) tot dit grof-krummelrig is.
  3. Voeg melk by tot goed gemeng. Wanneer die mengsel te styf raak, knie dit verder op ʼn meelbestrooide oppervlakte. Knie tot die deeg ʼn samehangende bal kan vorm.
  4. Breek stukkies van die deeg en rol dit in jou hande tot dit ʼn bal vorm.
  5. Diepbraai dit in olie en drup versiersuiker ruimskoots oor.

WENK

Wanneer jy die olie verhit, wees versigtig om dit nie té warm te maak nie. Wanneer dit borrel is dit te warm, en dan moet jy dit laat afkoel. Wanneer jy die olie verhit, druk die agterkant van ʼn houtlepel in die skoon olie. Wanneer daar klein borreltjies rondom die houtlepel begin vassit, is jou olie die regte temperatuur vir diepbraai. Indien daar nie borreltjies vorm nie, is dit nog te koud. Gooi eers die deeg in wanneer die olie die regte temperatuur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.